Krag van die siel

  • Format
  • E-bog, ePub
E-bogen er DRM-beskyttet og kræver et særligt læseprogram

Beskrivelse

Paul Rodney Turner, internasionale direkteur van Food for Life Global, die wêreld se grootste netwerk van organisasies wat plantgebaseerde voedsel voorsien, het ’n nuwe boek in die selfhelp-genre uitgebring, genaamd Krag van die siel – Vyf edel waarhede vir ’n suksesvolle lewe. Die boek se inhoud is gegrond op sy 35 jaar ervaring as ’n praktisyn van die Bhagavad-gita.

Dit is ’n opvolg op sy vroeëre boek, die hoogaangeskrewe, FOOD YOGA – Nourishing Body, Mind & Soul wat hom wêreldroem besorg het as die Food Yogi.

“Een aand in New York, terwyl ek pen in die hand by die tafel gesit en effens mismoedig gevoel het, het ek myself die eenvoudige vraag gevra: Wat is spesiaal aan my?

Ek het my pen toegelaat om te vloei sonder om te veel oor die antwoorde na te dink, en tot my verbasing het ek met vyf verklarings vorendag gekom. Dis maklik om te onthou, en soos julle sal sien, het dit raakpunte met die kern van ons bestaan.

So is die vyf edel waarhede, wat nou rigting in my lewe verskaf, gebore: Ek is kragtig; Ek is beskerm; Ek is volmaak; Ek is prasadam; Ek is voorspoedig,” het hy verduidelik.

Turner hoop dat hierdie verklarings mense die vertroosting, krag en die wysheid sal besorg wat hulle nodig het om sukses in die lewe te behaal en om hulle te herinner presies hoe ongelooflik hulle as geestelike siele is.

In die uitbreiding van die betekenis van elke verklaring, het Turner die leringe van verskeie esoteriese en geestelike tradisies gebruik, met spesiale verwysing na die Vediese geskrifte. “Ek het die boek in wese vir myself geskryf,” sê hy. “Terwyl ek besig was om elke woord te tik, het ek die rol van empatiese vriend wat bemoediging bied, aangeneem. Elke woord in hierdie boek is met die uiterste opregtheid en ter bemoediging deur die hand van ’n vriend geskryf.”

’n Verklaring is ’n bevestiging van iets wat waar is. Turner hoop dat lesers aanklank sal vind by die verklarings in Kra

Læs hele beskrivelsen
Detaljer
  • Udgivelsesdato12-03-2021
  • ISBN139781071592410
  • Forlag Babelcube Inc
  • FormatePub

Findes i disse kategorier...

Se andre, der handler om...

Velkommen til Saxo – din danske boghandel

Hos os kan du handle som gæst, Saxo-bruger eller Saxo-medlem – du bestemmer selv. Skulle du få brug for hjælp, sidder vores kundeservice-team klar ved både telefonerne og tasterne.

Om medlemspriser hos Saxo

For at købe bøger til medlemspris skal du være medlem af Saxo Premium, Saxo Shopping eller Saxo Ung. De første 7 dage er gratis for nye medlemmer. Medlemskabet fornyes automatisk og kan altid opsiges. Læs mere om fordelene ved vores forskellige medlemskaber her.

Machine Name: SAXO080